Meeste boere weet, as mens plaasimplemente vir besproeiing, of plant of oes soek, is Staalmeester jou eerste stop. Met meer as 70 jaar se kennis en ervaring, bied Staalmeester verskeie opsies om elke boer, van groot na klein, te akkommodeer. Staalmeester se hoof fokus is om bekostigbare en goeie kwaliteit implemente te bied.

 

Waar het Staalmeester begin?

Die Staalmeester-storie het klein begin. P.M.L Coetzee, wat destyds as onderwyser in die Hartbeesfontein-omgewing gewerk het, het dit ook geniet om met sy hande te werk en het 'n gaping in die mark gesien vir implemente wat maklik verkrygbaar en goed geprys is. Hy het in sy vrye tyd implemente begin bou. Die eerste volledige masjien was 'n mobiele grondboontjiedopper. Later het hy soveel werk gekry dat hy ophou skoolhou en voltyds masjiene begin bou het.

Rondom die jaar 2000 het Staalmeester ook implemente van bekende internasionale verskaffers soos Soilmaster in Turkye, JF in Brasilië en Enorossi in Italië begin invoer. Hulle het hul gevestigde kennis van die Suid-Afrikaanse implementemark en die boer se behoeftes gebruik om net die beste implemente te vind en in te voer.



Vandag se Staalmeester

In 2018 het Staalmeester ook begin om uitvoergeleenthede te ondersoek  en hulle het sedertien hul besigheid uitgebrei deur agente en werkswinkels regoor Afrika in te span. Hulle voer tans na 18 Afrika lande uit en hulle produklys het tot meer as 100 verksillende implemente vermeerder. 

Die staalmeester-produkaanbieding sluit hammermeulens, dorsers, kappers, balers, maaiers, harke, voerstopers, hidouliese kragpakke,balkspuite, planters, kunsmisstrooiers, baal versnipperaars, voerwaens, houtversnipperaars, baalvurke en -laaiers, graan- en kuilvoersakkers, vuurmaakhoutverwerkingsmasjiene, voermengers, posgatgrawers en verskansers in. Hulle bied ook ’n volledige reeks onderdele vir hierdie masjiene aan. 


 Staalmeester is 'n filiaal van Senwes Equipment en was onlangs as  een entiteit gekonsolideer met Falcon Agricultural Equipment (Edms) Bpk om sinergieë binne die groep verder te ontsluit.


Meer oor Staalmeester verskaffers:

Enorossi is ’n wêreldwye leier in die vervaardiging van lanboumasjinerie. Hule werk al meer as 50 jaar suksesvol en vervaardig hulle masjiene met passie om die maksimum winsgewendheid vir plase in elke uihoek van die wêreld te verseker. ’n Globale visie stel hul in staat om aan die spesifieke behoeftes van kliënte te voldoen. Enorossi gebuik die beste staal en onderdele om hulle masjienerie te vervaardig en kan dus bekend staan as een van die wêreldleiers in hooi-of snymasjinerie.

JF Brasilie is bekend vir hulle kwaliteit, produktiwiteit en duursaamheid en het in 1990 die welbedende JF-Voerstroper bekend gestel. Hierdie masjien het ’n totale markomwenteling veroorsaak. JF is vandag die nommer een handelsmerk en vervaardiger van enkel- en dubbelry-voerstropers ter wêreld.

Soilmaster is bekend vir sy fantastiese reeks planters en boomspuite en bied verskeie opsies en groottes vir elke boer. Soilmaster vervaardig en toets self die masjinerie self voor massaproduksie om te verseker dat elke masjien volgens maksimum produksie en kwaliteit gebou is.

Hierdie is maar net 3 van Staalmeester se invoerverskaffers en hulle voetspore in Suid-Afrika en Afrika raak by die dag groter. Hulle bied uitstekende nadiens en hou ’n volledige reeks onderdele vir al hul masjinerie in voorraad.

Ons hier by AgMarket is trots om een van Staalmeester se wye reeks agente te wees. Ons het byna alles waarna die Suid-Afrikaanse boer soek en vergroot elke dag ons aanbieding. Skakel of epos ons vandag nog vir ’n kwotasie op jou Staalmeester implemente.