Boerboel Drag nou beskikbaar op AgMarket!

AgMarket bied nou ook die bekende Boerboel klere reeks vir jou  aanlyn koop gemak! As jy nog nie van Boerboel gehoor het nie, vertel ons jou vandag hoekom jy Boerboel klerasie in jou kas MOET hê!

Boerboel drag word deur ‘n eg Suid Afrikaanse besigheid vervaardig en hierdie besigheid word deur 2 mede eienaars besit nl. Sarichia Coetzer  en Stephan Hugo. Hul slagspreuk lui “intelligently tough” en ons kan duidelik sien hoekom hulle hierdie slagspreuk gekies het. Hul reeks klere bied praktiese, gemaklike klerasie oplossings gemik op die landbou sektor . Hul bied werksdrag, jagdrag,  gemaksdrag, sowel as stylvolle bybehore.

Boerboel se reeks klere word vervaardig met top kwaliteit materiaal wat gemaak is vir harde werk. Hulle verstaan die noodsaak van klere wat nie sal skeur of uitrafel met ouderdom nie en hulle het seker gemaak jou klere hou langer met versterkte stiksels. As ‘n bonus het hulle ook voorsiening gemaak dat die klerasie genoeg ventilasie het, en dat die materiaal vining droog word om te verseker dat jy gemaklik bly gedurende die werksdag . Boerboel klerasie het selfs groter sakke om seker te maak dat daar genoeg stoorplek vir gereedskap en noodsaaklikhede  is.

Boerboel se jag- en gemaksdrag reekse bied dieselfde kwaliteit, sowel as stylvolle  snitte wat elke lyf se bates kan beklemtoon. Boerboel het seker gemaak dat hulle die tradisionele boeredrag, met moderne snitte en motiewe, op kikker.

Met hul unieke aanbieding , vier hulle die ryk boere erfenis en kultuur in Suid Afrika met tong in die kies advertensie veldtogte en selfs hul eie orkes. Hulle verstaan die teiken mark goed en bied dus oorspronklike, komediese inhoud op sosiale media platforms wat Suid Afrika aan die skater het.

Koop vandag nog jou Boerboel klere op die AgMarket aanlyn markplek. Ons lewer regoor die land af.

Klik hier om die reeks te sien.